We use cookies to personalise content, to provide social media features and to analyse our traffic and support our customers. We also share information about your use of our site with our social media, advertising and analytics partners who may combine it with other information that you've provided to them or that they've collected from your use of their services. You consent to our cookies if you continue to use our website. Learn more

10 bedroom double-storey apartment for sale in Strandfontein (West Coast), 1NA1638371

Apartment | Sale

Beds:
10
Baths:
7

Details

Hierdie pragtige woning met sy see-uitsig kan die nuwe eienaar van die ideale gastehuis / vakansiehuis / of permanente woonhuis met ekstra inkomste verseker. Dit word as n woonhuis verkoop - maar n Zone V goedkeuring is alreeds deur Matzikama Munisipaliteit toegeken - wat beteken dat die nuwe eienaar kamers kan uitverhuur en etes voorsien indien nodig. Dit bied aan die nuwe eienaar die geleentheid om n inkomste te verdien en die voordele van n vakansie of aftreehuis te geniet. Elke woon eenheid het sy eie badkamer(s) / kombuis / sitkamer. Dit is verdeel in die volgende eenhede: MALGAS wat 2 enkelbeddens bevat. STERRETJIE bevat tans 2 Dubbelbeddens en 3 enkelbeddens VILLA MICHELLE bevat 1 Dubbelbed, 1 Koningin grootte bed en 2 x 3kwart beddens. SWART TOBIE bevat 3 Dubbelbeddens en 1 X 3 kwart Bed. SEEMEEU bevat 1 dubbelbeddens en 3 enkelbeddens. Daar is n volledige inventaris beskikbaar - en feitlik al die meubels op fotos word saam met die eiendom verkoop. Strandfontein is tussen Doringbaai en Strandfontein in die hartjie van Namakwaland gelee. Dit bied die nuwe eienaar n veilige aftrede met die geleentheid om n inkomste te verdien. Die area is bekend vir sy pragtige blommeprag en fantastiese wyne met heerlike eetplekkies!


Map Details


Realtor

Marius Esterhuizen

Agent

Contact Marius